Emma en Andrew in 2014. FOTO Instagram / @andrewgarfield83

Het jy gehoor?

Emma Stone en Andrew Garfield herenig

Mede-akteurs Emma Stone en Andrew Garfield was vier jaar lank ’n paartjie. Hulle is in 2015 uitmekaar, maar het hul respek vir mekaar behou. En soms lyk dit selfs of ’n vlammetjie nog brand …

Albei is vanjaar by verskeie toekenningsgeleenthede, insluitend die Oscars, benoem as onderskeidelik beste aktrise en beste akteur. Emma gaan waarskynlik ’n Oscar kry vir haar hoofrol in die veelbekroonde La La Land. En kritici het net lof vir Andrew se spel in Hackshaw Ridge.

By ’n partytjie die afgelope naweek voor die Bafta-plegtigheid is ’n mooi oomblik tussen die twee vasgevang. Hulle het mekaar omhels en ’n drukkie gegee.

Toe Emma vroeër vanjaar ’n Golden Globe gewen het, het Andrew spontaan opgestaan en hande geklap.

Kyk die mooi oomblik hier:

In ’n onderhoud met The Hollywood Reporter het Andrew erken as hy op ’n verlate eiland moes woon, hoop hy Emma sal ook daar wees. “Ek is lief vir Emma. Sy kan gerus ook kom.”

Wie weet, miskien word hulle iewers weer ’n paartjie?

Lees nou

Kook só met waatlemoen!

Kyk net Beyoncé se bababoep

6 bekende liedjies wat eintlik ‘covers’ is