FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

Het jy gehoor?

Emma Stone en Andrew Garfield se paadjies skei

Een van Hollywood se gunsteling-glanspare, Emma Stone en Andrew Garfield, het glo hul verhouding finaal verbreek, berig Vanity Fair

Dié twee, wat saam in The Amazing Spider-Man te sien is, is op ’n vriendskaplike voet uitmekaar. ’n Bron vertel hulle is steeds lief vir mekaar.

Volgens E! Online is sowel Emma as Andrew alewig aan die gang en werk vereis dat hulle gereeld reis, wat hul verhouding baie moeilik maak.

Die paartjie het in 2011 ontmoet en was baie privaat oor hul romanse.

Bronne: E! Online en Vanity Fair

Lees ook