FOTO: Instagram (@lanvinofficial)

FOTO: Instagram (@lanvinofficial)

Het jy gehoor?

Emma Stone en Andrew Garfield se paadjies skei

Dié geliefde glanspaartjie wat saam te sien is in The Amazing Spiderman is nou uitmekaar, berig Mail Online

Emma het Andrew verlaat omdat hy al vir ’n paar maande “op ’n donker plek is”. Sy het terug getrek Los Angeles toe en sê dit is nie net ’n breuk nie, hulle is finaal uit.

Hulle het sedert Januarie ‘n langafstandverhouding gehad, omdat Andrew aan ’n nuwe Martin Scorsese-fliek werk in Taiwan. Dit het moontlik ook ’n rol gespeel in die verbrokkelling van hul verhouding.

“Andrew moes byna 20 kg verloor vir dié rol, en was gereeld buierig terwyl hy vir dié fliek voorberei het,”het ‘n bron aan US weekly vertel.

Hulle was drie jaar saam.

Lees ook: