FOTO: Twitter @voguemagazine

FOTO: Twitter @voguemagazine

Het jy gehoor?

Emma Stone en Brooklyn Beckham ster van musiekvideo’s

Twee musiekgroepe het die afgelope week musiekvideo’s waarin bekendes te sien is, bekendgestel. Will Butler se nuwe video spog met Emma Stone en Brooklyn Beckham is te sien in The Vamps s’n.

Aktrise Emma Stone wys haar prettige danspassies in Will Butler se nuutste musiekvideo vir sy liedjie “Anna”, berig Hello!. Dit speel op ’n passasierskip af en sy vertolk die rol van die mal “vrou in wit” wat bekend is as die spook op die RMS Queen Mary.

Emma het beslis rede om te glimlag: Sy en haar Amazing Spider-Man-medester Andrew Garfield is weer ’n paartjie en sy is te sien in die opkomende musiekbyspel La La Land, waarin sy teenoor die Hollywood-hunk Ryan Gosling speel.

Kyk hier na die video:

Brooklyn Beckham het ook hierdie week sy musiekvideo-debuut gemaak, berig People. Die 16-jarige model, en die oudste seun van Victoria en David Beckahm, is in die Britise groep The Vamps se treffer “Wake Me Up” te sien, waar hy moeiteloos van ’n dak af spring.

Kyk hier na die musiekvideo:

Bronne: Hello! en Poeple

Lees ook: