FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Emma Stone se nuwe haarstyl

 

Die Amazing Spiderman-aktrise Emma Stone lyk pragtig met haar nuwe haarstyl en -kleur.

 

 

Aktrise Emma Stone, ook bekend vir haar rolle in The Help en Easy A, het bewys selfs ’n klein verandering in jou kapsel kan ’n groot verskil maak.

FOTO: Emma se vorige haarstyl

Emma en Andrew voordat hulle hul hare gesny het FOTO: Instagram (@andrewgarfield83)

Emma en haar kêrel Andrew Garfield voordat hulle hul hare gesny het
FOTO: Instagram (@andrewgarfield83)

Emma, wat oorspronklik ’n blondine is, het haar hare geraam met ’n lang, reguit kuif. Sy het haar lang hare ook gesny sodat sy nou een van vele sterre is wat met ’n lang bob spog.
Die kuif en hare om haar gesig raam haar gesig mooi om haar fyn gelaatstrekke te beklemtoon.

Nóg bekendes met nuwe haarstyle

Boonop het die aktrise, wat gewoonlik haar hare rooi kleur, nou ook die punte van haar hare ligter gekleur om die ombré-voorkoms te kry. Dié voorkoms is wanneer jy jou hare so kleur dat die kleur donker is teen die wortels en geleidelik ligter word tot by die punte.

Ombré is die seisoen se gunsteling-tendens

FOTO: Emma se nuwe haarstyl op die rooi tapyt

FOTO: Emma lyk heel ander met haar kuif en nuwe haarkleur. Boonop het haar kêrel en medester van die Spiderman-films Andrew ook sy hare gesny.

Andrew saam met Emma (middel) en Sally Field (links) - sy medesterre in Amazing Spiderman - wat dink jy van Andrew en Emma se nuwe haarstyle? FOTO: Instagram (@andrewgarfield83)

FOTO: Instagram (@andrewgarfield83)

WAT DINK JY? Hoe lyk Emma en Andrew se nuwe haarstyle? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.