Emma Watson

Het jy gehoor?

Emma Watson sê om alkohol te drink is disrespekvol

Die 20 jarige Emma Watson, van Harry Potter-faam, wat tans by Brown Universiteit studeer het onlangs gesê dat sy in haar eerste jaar, tydens haar studies, dit liefs vermy het om te drink berig zimbio.com

“Daar is geen punt daarin om dronk te word wanneer jy die volgende dag vir 10 ure op stel gaan wees nie.” Alhoewel sy volgens wet oud genoeg was om in Verenigde State te kon drink het sy gevoel dit sal disrespekvol wees om die Amerikaanse wet te flous.

Emma vertel ook verder dat sy baie dankbaar is aan haar ouers, want dit is aan hulle te danke dat sy nie haarself aan drank vergryp het soos meeste tieners nie. Haar ouers, wat geskei het toe sy vyf was , het vir Emma al vanaf die ouderdom 7 verdunde wyn gegee om saam met ete drink. Sy vertel ook dat haar ouers haar al van kleins af soos ‘n volwassene behandel het. Daar wees geen “kiddie-meals” nie. Emma se dit is hieraan te danke dat sy vandag so ‘n volwasse selfstandige jong vrou is.