FOTO Instagram / @the_press_tour

Het jy gehoor?

Emma Watson se sproete steel die kollig

Die pragtige Britse aktrise Emma Watson het omtrent ’n goeie jaar sover! Haar Disney-fliek Beauty and the Beast was ’n treffer en het $1,23 miljard (sowat R16 miljard) by die loket verdien. Op die rooi tapyt sit sy ook nooit ’n mode-voet verkeerd nie.

Nou is dit haar sproete wat die kollig steel! By die Paryse première van haar nuwe fliek, The Circle, kon jy die sproete op haar gesig duidelik sien.

A post shared by Emma Watson (@emmcharlottes) on

Maar Emma was nog nooit skaam vir haar sproete nie. En dit lyk of al hoe meer vroue haar voorbeeld volg. Daar is selfs ’n skoonheidsgier om sproete op jou gesig te laat tatoeëer. Vroue doen dit glo vir ’n gelaat wat jeugdiger en natuurliker lyk, berig die Amerikaanse webtuiste AOL.com. Lees meer hier.

A post shared by Emma Watson ♡ (@stayforemma) on

Emma is ook nie ál Hollywood-ster wat haar sproete aanvaar nie. Die volgende bekendes versteek ook nie sommer hul sonsoentjies nie.

Oscar-wenner Julianne Moore

Sangeres Demi Lovato

Sun kissed ☀️ www.devonnebydemi.com #natural #freckles #nomakeup #DevonneByDemi

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Emma Stone, ook ’n Oscar-wenner

A post shared by Emma Stone 💗 (@emmajeanhq) on

  • Tania Snyman

    Ek is mal oor my sproete wat oor my neus en onder my oë is!! Het dit al van klein dogtertjie af. Wems meer mense wil dit ook aanvaar as mooi.