FOTO: Gallo Images / Getty Images / Andrew Toth / FilmMagic

FOTO: Gallo Images / Getty Images / Andrew Toth / FilmMagic

Het jy gehoor?

Emma Watson se sterk boodskap oor geslagsongelykheid

Die aktrise Emma Watson, wat ons leer ken het in die Harry Potter-flieks, is deesdae ’n volwasse vrou wat opstaan vir kwessies wat haar na aan die hart lê. Haar vreesloosheid het haar selfs vroeër vanjaar op Time se lys van die top-100 mees invloedryke bekendes laat beland. Nou maak sy haar stem dik teen geslagsongelykheid. 

In ’n video neem sy hande met die mode-tydskrif Vogue om die kwessies rondom geslagsongelykhied in die modewêreld aan te spreek.

Emma het verlede jaar ’n beweging #HeforShe begin waarin sy lede van albei geslagte aanmoedig om mekaar te ondersteun in die soms ongenaakbare mode-industrie.

In dié video gesels sy met die bekende modeontwerpers Stella McCartney, Jonathan Saunders, Erdem Moralıoğlu en Bella Freud omdat sy glo dié invloedryke stemme moet gehoor word.

Teen die einde van die video sê Emma sy sien baie positiewe verandering, maar dat daar steeds baie rassisme en seksisme is in die modewêreld bestaan.

Hoe voel jy oor geslagsgelykheid in Suid-Afrika? Vertel ons op ons Facebook-blad.

Bron: Vogue

Lees ook