FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Emma Watson verjaar PLUS ons gunsteling-uitrustings

Die Britse aktrise en VN-ambassadeur Emma Watson is vandag 26 jaar oud!

Emma, vir wie ons in die Harry Potter-flieks leer ken het, is deesdae ’n volwasse vrou wat opstaan vir kwessies wat haar na aan die hart lê. Haar vreesloosheid het haar selfs in 2015 op Time se lys van die top-100 mees invloedryke bekendes laat beland. En sy maak gereeld haar stem dik teen geslagsongelykheid.

Executive Director of UN Women Phumzile Mlambo-Ngcuka and I! Stand up for gender equality at www.heforshe.org

A photo posted by Emma Watson (@emmawatson) on

Verlede jaar het Emma ook gesels met die wenner van 2014 se Nobelprys vir Vrede, Malala Yousafzai (18), oor haar veldtog om opvoeding vir kinders te bevorder.

Kyk die onderhoud hier:

Op 26 het Emma ’n blink toekoms!

Hier’s ons 11 gunsteling-uitrustings wat Emma op die rooi tapyt gedra het

Baie geluk, Emma!

Lees nou