181646686_630wd
Het jy gehoor?

Emmy-toekennings 2013: Modes, rokke, grimering, hare!

Die rooi tapyt by vanjaar se Emmy-toekennings in Los Angeles was weereens ‘n loopplank vir dié seisoen se grootste mode- en skoonheidtrends. Ons kyk na ‘n paar saam met E!Online

KLIK HIER vir al die wenners!

people_collage_630w

TREND 1

Fyn, deurskynende materiale (sheer) en kant-detail

Rokke met deurskynende materiaal was ‘n treffer vanjaar! Julianne Hough (foto onder), Lena Headey en Leslie Mann het hul lang bene deur dié lap laat wys. Kerry Washington het pragtig gelyk in ‘n Marchesa-balrok, terwyl Julianne Hough meer as genoeg lyf gewys het met haar Jenny Packham-rok. Die tonge was los oor dié rok en baie het gesê die uitrusting was die verkeerde keuse. Wat dink julle hiervan, sal jy dit dra?

181646686_630w

TREND 2

Rooi (oranje) lippe

Rooi lippe met ‘n oranje ondertoon was gróót! Claire Danes, Christian Hendricks en Elizabeth Moss was van die mooiste rooi lippe in die kollig. Ons skoonheidspan wys jou om jóú rooi lippe te kry!

people_claire_danes_630w

TREND 3

Smaraggroen rokke én juwele

Daar was van die mooiste smarraggroen rokke en juwele op dié rooi tapyt. Modern Family se Sofia Vergara het veral dié oorgrootte juwele vir die skare gewys.

sofia_630w

TREND 4

Pers!

Heidi Klum het die koppe laat draai in ‘n pers rok van blinkerstof.

181643182_630w

TREND 5

Krulle wil sy dra!

181646686_630wd

Krulhaarstyle was gróót – ook onder die blondines! Hier wys Julianne Hough hoe dié styl gedra word. Kry dié styl – klik hier

TREND 6

Monochroom

Swart-en-wit het die loopplank bekoor tydens die somer/lente 2013 modeweek in London en dié modegier was ‘n treffer by die Emmy-toekennings. Die ster van The Good Wife, Julianna Marguiles het spoggerig gelyk in ‘n wit rok met swart blompatrone en Elizabeth Moss, was geen uitsondering nie. Anna Gunn van Breaking Bad (foto onder) wat die Emmy-toekenning vir beste aktrise in ‘n ondersteunende rol gewen het, het ook geskitter in haar monochroom-rok.

people_anna_gunn_630w