img_7991
Het jy gehoor?

FOTO’S: Emo maak sy eie teater oop

Die pragtige, nuutgeboude All Star-teater was Dinsdagaand vol bekendes in die vermaaklikheidsbedryf vir die glansryke opening by die Cape Gate Leefstylsentrum in Brackenfell, Kaapstad. Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, was ook daar om die teater amptelik te open en sy het met groot lof van Emo gepraat. En toe sommer vir hom ‘n verjaardagnoot of twee gesing! (Sien video)

“Emo is die perfekte voorbeeld van iemand met talent, maar iemand wat ook hard gewerk het,” het Zille gesê. “Hy’t sy geleenthede gebruik.”

Emo droom al lank van sy eie teater en het uiteindelik “elke sent gespaar” om sy droom te verwesenlik. Margit Meyer-Rödenbeck, wat Die Boer-teater in Durbanville saam met haar man, Jurg, besit het glo vir Emo baie ondersteun in sy droom. Sy ouers, broer Loukmaan, meisie Michelle, naaste vriende en die media was ook die aand daar.

Die All Star-teater

Kim Cloete en Loukmaan AdamsEmo by sy verjaardagkoek

Loukmaan Adams en Kim Cloete; Emo en sy verjaardagkoek

Emo en sy meisie, MichelleLiezel van der Westhuizen

Emo Adams en sy meisie, Michelle Gildenhuys; Liezel van der Westhuizen

Elana Afrika en Ian Bredenkamp

Elana Afrika en Ian Bredenkamp
JP Duminy en sy vrou, Sue ErasmusMargit en Jurg Rödenbeck

JP Duminy en sy vrou, Sue Erasmus; Margit Meyer-Rödenbeck en haar man, Jurg

Die hele All Star-span

Die span van die All Star-teater

Breyten Paulse en Herschelle Gibbs

Breyton Paulse en Herschelle Gibbs

Emo en sy vriende by sy verjaardagkoek

Emo Adams en die All Star-span by sy verjaardagkoek

Emo en Andriette Norman

Emo en Andriëtte Norman