Het jy gehoor?

En die beste pa is … David Beckham

Eerste prys gaan aan …

David Beckham is die pa van vier pragkinders: die 14-jarige Brooklyn Joseph, die 10-jarige Romeo James, die 8-jarige Cruz David, en die 1-jarige roos onder die dorings, Harper Seven.

Nou het die Britte het hom gekies as die pa wat deur die meeste jong mans bewonder word. En dit is nie moeilik om te verstaan hoekom nie! Wanneer hy nie op die sokkerveld is nie, is hy glo baie gelukkig om net by die huis saam met sy gesin te wees.

In ‘n verrassende wending het Beckham pas aangekondig dat sy internasionale sokkerloopbaan nou tot einde gaan kom. Ons wonder of dit hom meer tyd met sy vrou, Victoria, en kinders gaan gee.

Een van die mans wat aan die vraelys deelgeneem het, het gesê hy wil graag dieselfde soort pa as David vir sy eie kinders wees.

“Al is hy besig, lyk dit of hy ‘n betrokke pa is wat dit geniet om tyd saam met sy kinders deur te bring.”

Onthou jy dié oulike advertensie wat David vroeër die jaar vir H&M geskiet het? Hierin groet die cool pa sy gesin voordat hy by sy huis uitgesluit word:

Die kinders van David en Victoria het nie net die beste pa in Brittanje nie, maar ook bekende peetouers. Elton John en Elizabeth Hurley is Brooklyn en Romeo se peetouers.

Tweede op die lys …

Alhoewel hy nog nie eens ‘n pa is nie, het prins William die tweede plek gehaal. 18% van Britse mans dink wanneer die tyd kom, gaan William ‘n wonderlike pa wees. 

Hierna volg die popsanger Peter André en die sokkerster Wayne Rooney. Die Britse eerste minister, David Cameron, en aktrise Gwyneth Paltrow se rockster-man, Chris Martin, het ook die lys gehaal.

Bron: Hello! Magazine

Wie dink jy sal op dié lys wees as daar ‘n Suid-Afrikaanse peiling gehou word?