FOTO: Nicole Kidman vir Jimmy Choo (Jimmy Choo Lente 2014)

FOTO: Nicole Kidman vir Jimmy Choo (Jimmy Choo Lente 2014)

Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekendes speel model

Nie te lank gelede nie sou ’n ernstige aktrise of sangeres nie naby ’n advertensie gekom het nie. Hulle het die neus opgetrek – dít was ’n model se werk. Maar deesdae lyk die prentjie baie anders …

Nicole Kidman vir Jimmy Choo

Dis nou die derde seisoen dat Nicole die gesig van Jimmy Choo is. Kyk na die ander advertensies HIER.

FOTO: Nicole Kidman vir Jimmy Choo (Jimmy Choo Lente 2014)

Miley Cyrus vir Marc Jacobs

Die sangeres Miley Cyrus het wéér opspraak gewek – dié keer met ’n veldtog vir die ontwerper Marc Jacobs. Nie net lyk sy anders met haar brunet kapsel nie, die somber foto het mense ontstel. Boonop het die bekende Duitse fotograaf Juergen Teller, met wie Marc gereeld werk, botweg geweier om saam met Miley te werk. Dié foto is toe deur David Sims geneem.

FOTO: Miley Circus as die nuwe gesig van Marc Jacobs se Lente 2014- veldtog (David Sims)

FOTO: Miley Cyrus as die nuwe gesig van Marc Jacobs se Lente 2014-veldtog

Miley én Britney Spears se nuuste musiekvideo’s mag ook nie bedags in Frankryk uitgesaai word nie, omdat dit glo te gewaagd is.

Lady Gaga vir Versace

Vir dié veldtog van Versace is Lady Gaga soos ’n jonger Donnatella Versace laat lyk.

FOTO: Lady Gaga in die nuuste Versace- veldtog (Versace Lente 2014)

FOTO: Lady Gaga in die nuuste Versace-veldtog (Versace Lente 2014)

Oefen in styl hierdie 2014!

Rihanna vir Balmain

Rihanna is een van die grootste musieksterre ter wêreld, maar dit is maar net die tweede keer dat sy die gesig van ’n handelsnaam is. Haar eerste veldtog was vir Armani Jeans.

Olivier Rousteing, Balmain se kreatiewe direkteur, beskryf Rihanna as Balmain se volmaakte visie.

FOTO: Rihanna in Balmain se advertensies (Balmain Lente 2014)

FOTO: Rihanna in Balmain se advertensies (Balmain Lente 2014)

Penélope Cruz vir Loewe

Die samewerking tussen die Spaanse ontwerpershuis en die Spaanse aktrise is geen verrassing nie. Kyk na die ander foto’s van die veldtog hier.

FOTO: Penelope Cruz vir Loewe (Loewe Lente 2014)

FOTO: Penelope Cruz vir Loewe (Loewe Lente 2014)

Elle Fanning en Elizabeth Olsen vir Miu Miu

Miu Miu het twee jong sterre gekies – Elle is die suster van Dakota Fanning en Elizabeth die suster van die bekende Olsen-tweeling. Albei dié jong sterre is besig om groot naam vir hulself in Hollywoord te maak.

En die modelle …

Modehuise gebruik ook nie meer onbekende modelle nie, maar eerder die celeb-modelle soos Cara, Giselle en Kate – daardie modelle wat op hul eerstenaam geken word.

Cara Delevingne vir Mulberry

Die modewêreld kan net nie genoeg van Cara kry nie! Slaan ’n modetydskrif oop en sy is byna op elke tweede advertensieveldtog. Haar nuutste veldtog is vir Mulberry – en ons is mal oor die vrolike tema!

FOTO: Cara Delevingne Vir Mulberry (Mulberry Lente 2014)

FOTO: Cara Delevingne Vir Mulberry (Mulberry Lente 2014)

Ouer as 60? Hier’s moderaad vir jou!

Gisele Bündchen vir Louis Vuitton en Kate Moss vir Stuart Weitzman

Die gesoute supermodelle Gisele en Kate is in die nuutste veldtogte van Louis Vuitton en Stuart Weitzman.

Wat dink julle? Wie maak die beste modelle – die bekendes of die professionele modelle?