Het jy gehoor?

En die Oscar 2011 gaan aan . . .

Vanjaar word dié gesogte glansgeleentheid deur Anne Hathaway en James Franco aangebied.

Hathaway, wat self voorheen vir ‘n Oscar vir haar rol in Rachel Getting Married benoem is, is tans besig met die voorbereidings vir dié groot geleentheid, asook vir haar nuwe rol as Catwoman. “Dit is baie uitdagend, maar ek is baie positief! Ek kry ongelooflike ondersteuning van alle kante af,” het sy aanlyn aan Toronto’s Breaking News vertel.

Volgens die organiseerders van die Oscars is sy en James juis gekies omdat hulle die volgende generasie silwerdoek-ikone voorstel. In 2010 het die veterane Steve Martin en Alec Baldwin, saam met die Australiese hartebreker Hugh Jackman die geleentheid aangebied.

Hugh Jackman, Sandra Bullock, Jeff Bridges, Oprah Winfrey, Halle Berry en Scarlett Johansson is van die bekendes wat die verskillende wenners se name uit die koevert sal trek.

Kyk watter flieks en akteurs is vir die grotes benoem.

Fliek van die jaar

 

Beste akteur

 

James Franco vir sy rol in 127 Hours

Colin Firth vir sy rol in The King’s Speech
Jesse Eisenberg vir sy rol in The Social Network
Javier Bardem vir sy rol in Biutiful
Jeff Bridges vir sy rol in True Grit

Beste aktrise

 
Nicole Kidman vir haar rol in Rabbit Hole
Natalie Portman vir haar rol in Black Swan

Annette Bening vir haar rol in
The Kids Are All Right

Michelle Williams vir haar rol in Blue Valentine
Jennifer Lawrence vir haar rol in
Winter’s Bone

Kyk hoe maak hulle gereed vir die 83ste Academy Awards