Het jy gehoor?

En die wenners van die kykNET Fiestas is….

Nie net die teaterproduksies wat deur die jaar opgevoer word, kom in aanmerking nie, maar ook die kunstefeeste wat dit moontlik maak.

Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET, glo dat teater en televisie hand-aan-hand funksioneer, en dat dit belangrik is om erkenning te gee aan die harde werk elke jaar.

Daar is drie toekennings gemaak vir lewenslange bydraes vir onder meer woordkuns, teater en musiek. Dié Fiestas is toegeken aan Verna Vels vir woordkuns, Cobus Rossouw vir teater en Stefans Grové vir musiek.

Die produksie As die broek pas het geskitter en het Fiestas gewen in die kategorieë beste aanbieding, teaterontwerp, beste prestasie in ’n eenpersoonsvertoning en beste aktrise.

Nicola Hanekom het Fiestas verower in die kategorieë beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering en beste regie vir haar produksie Betésda. 

Bobby van Jaarsveld is aangewys as die gewildste Fiesta-gasaanbieder vir 2010.

 

Die Fiestas word Saterdag, 5 Februarie uitgesaai op kykNET om 20:30.

 

 

Die volledige lys van wenners:

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR

Moenier Adams vir sy vertolking in Afrikaaps


BESTE TEATERONTWERP

Marthinus Basson vir sy stelontwerp in As die broek pas


BESTE FIESTA-AANBIEDER

Bobby van Jaarsveld


FIESTA VIR HAAR LEWENSBYDRAE TOT DIE AFRIKAANSE WOORDKUNS 

VERNA VELS


BESTE SPEL IN ’N EENPERSOONSVERTONING

Antoinette Kellermann vir haar vertolking in As die broek pas


BESTE REGIE

Nicola Hanekom vir Betésda


BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK

James Grace vir Around the world in 60 minutes


GEWILDSTE  MUSIEKGEBEURTENIS

Hatfield Karnaval


FIESTA VIR SY LEWENSBYDRAE TOT SUID-AFRIKAANSE MUSIEK AAN STEFAANS GROVÉ

BESTE PRESTASIE IN ’N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE

Afrikaaps

BESTE BYSPELER

Theodore Jantjies vir sy vertolking in Vaselinetjie

BESTE BYSPEELSTER

Bettie Kemp vir haar vertolking in Dood van ’n verkoopsman

FIESTA VIR SY LEWENSBYDRAE TOT DIE AFRIKAANSE TEATER AAN COBUS ROSSOUW

BESTE AKTEUR

André Odendaal vir sy vertolking in Magspel

BESTE AKTRISE

Antoinette Kellermann vir haar vertolking in As die broek pas

GEWILDSTE FEES

Woordfees

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE OPVOERING

Nicola Hanekom vir Betésda


BESTE AANBIEDING

As die broek pas