Het jy gehoor?

Is Enrique Iglesias en Anna Kournikova se verhouding op die rotse?

Gerugte dat die 38-jarige sanger Enrique Iglesias en die blonde tennisster Anna Kournikova ná 12 jaar nie meer ’n paartjie is nie, wil maar net nie gaan lê. 

Dié paartjie, wat al sedert 2001 uitgaan, het stil-stil een van hul huise verkoop – iets wat die gerugte dat hulle opgebreek het, aangevuur het. Die paartjie is ook lank gelede saam gesien en media-navrae aan hul agente het op dowe ore geval.

George Clooney wéér enkellopend

Anna Kournikova

 

Die skindertonge meen dat die 32-jarige Anna die een is wat die verhouding beëindig het, omdat sy moeg gewag is vir Enrique om die ja-woord te vra. n Bron het aan The New York Post se skinderblad, Page Six,  gesê dat Enrique net nie kan besluit of hy met Anna wil trou nie en sy is nou moeg gewag.

 

 

“Alhoewel hulle lief is vir mekaar, voel Anna asof hy nooit die groot vraag gaan vra nie. Sy is nou reg om aan te beweeg,” het dié onbekende bron verklap.

Bron: Page Six