sr1208cover03_red
Het jy gehoor?

Erica Wessels: Die fliek wat my geïnspireer het

“Black, ’n Indiese fliek met regie deur Sanjay Leela Bhansali, het my vier jaar gelede die eerste keer bekoor en verskeie kere daarna. Dit gaan oor ’n sesjarige meisie wat blind en doof is en in haar eie ‘waansin’ en donkerte verstrengel is.

Haar ouers besluit om die onmoontlike kind te help en ’n leermeester te kry wat haar proe-, reuk- en tas-sintuig inspan sodat sy sin uit haar lewe kan maak. Dit is só boeiend, hartverskeurend en op die ou einde inspirerend dat ek as siende, horende mens weer opnuut my sintuie waardeer. Die fotografie is beeldskoon en die spel is gewaagd en ontroerend.”