christo_cindy_1
Het jy gehoor?

Errol van ‘7de Laan’ raak op Tafelberg verloof!

Christo Davids (Errol van 7de Laan) en sy vriendin, Cindy Khana , het 2012 op ‘n hoë noot begin toe hulle op 6 Januarie verloof geraak het.

Dié twee is al sowat nege jaar saam en Christo het gereken dis hoog tyd om die volgende stap in hulle verhouding te neem.

Hy was einde verlede jaar in die Kaap besig met David Kramer se produksie, Some Like it Vrot, en was ook betrokke by  die Cape Heart Theatre waar hy artistieke direkteur is.

“Cindy het ‘n bietjie krapperig geraak met my vol skedule en met reg – dit was net werk, werk, werk,” vertel hy.

Hy het Vrydag die 6de af gehad en besluit om haar ‘n bietjie te bederf. Die twee het soos wafferse toeriste op die Kaap se bekende rooi bus die wêreld vol gery en hulle gate uit geniet. Oor middagete op Tafelberg het hy die jawoord gevra.

Nou watter meisie sal kan nee sê as so ‘n sjarmante jong man haar op so ‘n spesiale plek vra om sy vrou te word?

Die twee beplan om Maart 2013 te trou. Op die 7de Laan-stel is almal in die wolke oor die goeie nuus .

  • Petro

    … en wat gaan Mnr Meintjies se? Baie geluk en ek hoop hulle het ‘n lang en gelukkige verbintenis vorentoe.

  • laetitia

    Baie geluk Errol.Mag julle baie gelukkig wees.

  • Allison

    Cindy is ‘n pragtige girl…goed opgevoed en weet. Wat sy in die lewe wil he. Baie geluk aan die twee lieflike beskeie mensies..

  • Dehlia Fernandez

    Baie geluk met jul verlowing, Cindy ek weet jy gaan baie gelukkig wees , want met ‘n man soos Errol kan daar net baie pret wees,

  • paulina foxcroft gerber

    geluk Christo en Cindy.

  • Rozanne Carolus

    Baie geluk julle twee

  • Joan Oelofse

    Veels geluk en mag God jul seen

  • Tina Pasmans

    Baie geluk julle tweetjies ons wag vir die troue

  • CLJ

    Went to watch Some Like it Vrot in November, it was amazing. Congrats to the oulike couple!

  • enoch

    Baie geluk Merrol ( soos Oom Oubaas se)

  • theresa minnaar

    net die beste sonskynwense vir julle

  • Fiona Boesak

    Geluk Errol En Cindy. Nou is jy sommer mos A 4 away…geniet dit. Van al die personeel lede van Radio Gamkaland in Beaufort Wes. Jy kan nou oral in skakel,maak nie saak waar in die wereld jy is nie: http://www.gamkafm.ndstream.net. Dis ons webtuiste,chiao!

  • Silvia

    Baie geluk Errol- glo en vertrou jul sal baie gelukkig wees- Jammer Cindy hy sal maar moet werk want ons wil hom nie graag verloor as akteur- hy is n ware ster!

  • Achmat

    Baie Geluk Julle Twee
    Christo Hou Haar Vas Moenie Los Nie

  • Achmat

    Hi Christo ….die eerste uitnodiging trou kaartjie is myne
    Ek en vrou sal dit uit die boonste gestontes waardeer want sy is n groot fan en het jou shows bygewoon.

    Tata

  • Isabel

    Baie geluk goeie keuse mag julle baie gelukkig wees

  • marietha eyssen adelaar

    x baie bly vi jle twee ! jle is so qute bymeka…alle voorspoed mag jle dosyne "kids" hê..mwah!

  • ELRICO RITTELS

    HI ELRICO RITTELS HIER ERROL SPEEL SY ROL IN 7DELAAN BAIE GOED,EN STERKTE MET JOU TROUE, DUDE,MA ONS ALMAL WIL JOU NOG IN 7DELAAN SIEN!