slaap gif
Het jy gehoor?

Wat is jou slaap-persoonlikheid? Doen ons quiz en vind uit!

Dit het byna mode geword om nié genoeg te slaap nie. Maar ons het rus nodig vir ons gesondheid, ons gemoed, en ons voorkoms. Net soms is “rus” ook in ’n mooimaak-bottel …

Die meeste van ons is diep in die skuld. Slaap-skuld.

Dít terwyl slaap noodsaaklik is vir:

• die vernuwing van selle
• groei, leer en geheue
• immuniteit

En die gevolge van te min slaap:

Te min slaap = rook en ’n glasie te veel

’n Gebrek aan slaap kan inderdaad net so ongesond wees soos wat dit is om te rook, sê die slimmes.

Ons sien genoeg slaap dalk as ’n luukse, maar jy kan netsowel onder die invloed werk toe gaan, só erg beïnvloed dit jou produktiwiteit.

Werk jy heelnag en is dus 24 uur sonder slaap, of slaap jy ’n week lank net vier tot vyf uur per nag, tas dit jou vermoëns aan – nes ’n bloedalkoholvlak van 0,1%!

- volgens Harvard Business Review

Jou vel

En net soos rook en alkohol, laat min slaap jou gouer oud lyk. Van die eerste tekens van ’n gebrek aan slaap is die tekstuur van jou vel, en jou algemene voorkoms en gesondheid gaan agteruit.

Volgens die skoonheidshuis Estée Lauder se Age Measurement-studie behoort ons vel eers in ons vyftigs en sestigs effens te verslap en geringe lyntjies en voutjies te wys. Dít is natuurlike veroudering.

Tog sien ons vandag reeds in ons dertigs en veertigs dié agteruitgang.

Die geheim van jou Clock-gene

Daar is aanvanklik geglo die liggaam se meesterhorlosie, gesetel in die brein, beheer ons lyf se natuurlike ritmes en inisieer die herstelproses. Nou wys navorsing élke sel, ook in die vel, het sy eie “wekker”, oftewel Clock-gene (Circadian Locomotor Output Cycles Kaput).

Clock-gene werk byna soos wekkers wat afgaan sodat die herstelproses kan begin.

Maar wanneer ons vel beskadig raak – deur dinge soos te min slaap, lugbesoeding, die son en slegte eetgewoontes – verloor ons selle se Clock-gene hul ritme. Hulle raak dan letterlik uit tyd met mekaar en met die meesterhorlosie in die brein. Dit vertraag die natuurlike herstelproses en jou vel begin voortydig verouder.

HNGVNZ

In 2009 het Estée Lauder hul baanbrekerproduk, Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex, bekend gestel wat help om jou vel se Clock-gene weer te sinchroniseer.

Die formule is in 2013 verbeter en heruitgereik as Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II. Vir die eerste keer was daar nou ’n produk wat nie net die vel bevog en beskerm nie, maar op herstel fokus. Vandag word sowat 10 bottels elke minuut wêreldwyd verkoop.

Doen ons slaap-quiz om jou slaap-persoonlikheid uit te vind!

NS. Die vraelys neem ’n paar sekondes om te laai. Wees geduldig, dis die moeite werd! As jy by die laaste vraag (oor hoeveel keer jy wakker word) kom, druk “SUBMIT” regs onder om jou resultaat te kry.