Het jy gehoor?

Eva Longoria gebroke oor egskeiding!

 So het sy op Twitter laat weet: “It is with great sadness that after 7 years together, Tony and I have decided to divorce. We love each other deeply and pray for each other’s happiness.” Die rede? Haar man, Tony Parker, die bekende basketbalspeler, se dwalende oog en hande wat maar net nie kon tuis bly nie!

Talle gerugte doen nou die rondte oor wie die ander vrou is. Daar is twee verdagtes. Die een is ’n Franse model, Alexandra Paressant, en die ander een is Erin Barry, die eksvrou van ’n voormalige spanmaat van Tony (28).  Erin en Brent Barry is reeds in Oktober geskei.

Daar is bewerings dat Tony langer as ’n jaar honderde suggestiewe boodskappe aan ’n ander vrou gestuur het. Eva het glo erken dat sy dié boodskappe op haar man se foon gesien het. Volgens die stories sou sy gesê het die boodskappe was gerig aan die eksvrou van ’n voormalige spanmaat van Tony. Dié twee sportmanne was van 2004 tot 2008 spanmaats vir die San Antonia Spurs en die twee paartjies het destyds bevriend geraak. Met sulke vriendinne, wie het dan vyande nodig, Eva?

Eva se regsverteenwoordiger is die beroemde Hollywood-egskeidingsprokureur Lance Spiegel. Hy het al onder meer die egskeidings van Sandra Bullock en Russell Simmons hanteer.

Die huwelik word beëindig ná drie jaar van getroude lewe, maar die paartjie is al sewe jaar bymekaar. Eva dring daarop aan dat haar volle naam weer terugverander na Eva Jacqueline Longoria. Sy het erken haar hart is gebreek deur die verraad, maar sy is sterk.

Eva, ons dink aan jou!