evalongoria_getty
Het jy gehoor?

Eva Longoria weer enkellopend

Dis oor en verby! Ná ‘n jaar bymekaar het Eva Longoria (36) en Penélope Cruz se broer, Eduardo (26), hul verhouding beeïndig.

Net verlede maand het die twee verliefdes hul 1ste herdenking op ‘n boot in Miami gevier. Volgens ‘n bron ná aan die paartjie, was dit ‘n gesamentlike besluit en het Cruz in die tussentyd na sy geboorteland Spanje teruggekeer.

Penélope het juis die twee by ‘n partytjie aan mekaar voorgestel en skaars ‘n maand ná haar egskeiding van basketbalspeler Tony Parker het hulle as ‘n paartjie in die openbaar verskyn. Hy het selfs haar naam op sy arm laat tatoeëer.

  • Marthilda Fourie

    Jong man met Ou vrou werk nie. Jong mans het altyd ‘n dwalende oog

  • Karin

    @ Marthilda – excuse me!!! Ek is 9 jaar ouer as my man en dit werk BAIE goed!! En Ava is BAIE, BAIE mooi!!