Eva
Het jy gehoor?

Eva Longoria: Veertig én fabulous!

Eva Longoria is veertig én fabulous! Die beeldskone aktrise het HELLO! na haar verjaardagviering genooi. 

Die bruinkop se partytjie het die oggend afgeskop by Morgan’s Wonderland, die enigste pretpark ter wêreld wat spesiaal vir gestremde mense ontwerp is. “My suster Liza het spesiale behoeftes. Hierdie plek beteken baie vir my en daarom wou ek my verjaarsdag hier vier,” het Eva verduidelik.

Verskeie foto’s van Eva, wat deur die jare geneem is, was deel van die partytjie se dekor.

FOTO: Twitter @EvaLongoria

FOTO: Twitter @EvaLongoria

Die Meksikaanse besigheidsman Pepe Bastón was aan Eva se sy. Dié paartjie het verlede jaar begin uitgaan. Dit gastelys van 300 het bekendes soos die modekenner Robert Verdi en Desperate Housewives se Marcia Cross ingesluit.

FOTO: Twitter @EvaLongoria

FOTO: Twitter @EvaLongoria met Robert Verdi (links)

Eva klink opgewonde oor die nuwe fase in haar lewe: “Ek is seker van wat ek wil hê, waar ek wil wees en met wie ek wil wees. So ek sê welkom veertigs!”

Bron: HELLO!

Lees ook