FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Eva Mendes en Ryan Gosling verwelkom eersteling

Die pragtige Hollywood-glanspaartjie Eva Mendes en Ryan Gosling het onlangs hul eersteling, ’n dogtertjie, verwelkom, berig E! Online.

En met sulke gene kan dit nie anders as om ’n mooi baba te wees nie.

Dié 40-jarige aktrise het glo al Vrydag in Los Angeles die lewe geskenk, maar hulle het dit tot nou toe nog stil gehou.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dié paartjie is baie privaat en het nog nooit eens amptelik bevestig dat Eva swanger was nie. Maar ’n bron het aan E! Online vertel dat Eva bly is om ’n ma te wees en dat hul babadogter “perfek” is.

Eva is so goed met kinders en dít [die baba] is iets wat sy al vir ’n lang tyd wou hê.

– Bron aan E! Online oor Eva (40) en Ryan (33) se eersteling

Dié paartjie het glo emosioneel geraak toe hulle hul babadogtertjie vir die eerste keer sien.

Eva en Ryan is ’n paartjie sedert 2011. Dit is albei se eerste kind.

Lees ook