FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Eva Mendes swanger met tweede kind

Daar’s iets in die water! Die twee sexy Hollywood-Ryans raak al twee vir die tweede keer pa.

Ons het net vanoggend berig dat Ryan Reynolds se vrou, Blake Lively, swanger is met hul tweede kind. En nou berig die media dat Ryan Gosling en Eva Mendes ook uitsien na hul tweede kind se koms.

Ryan en Eva is reeds die ouers van Esmeralda (17 maande).

Dié paartjie is baie privaat en het die eerste swangerskap geheim gehou tot net ’n paar weke voor die geboorte.

Eva (42) het verlede jaar gesê sy gaan vir ’n rukkie nie werk nie om meer tyd met haar gesin deur te bring.

Bronne: Just Jared, US Weekly