FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Eva Mendes verwag Ryan Gosling se baba

So, dis waar! Een van Hollywood se mees glansryke paartjies verwag ‘n baba. Akteur Ryan Gosling (33) en aktrise Eva Mendes (40) se eersteling is op pad. Só berig People.com. Hulle is sedert 2011 saam, maar het die kollig vermy.

‘n Vriendin van Mendes het gesê dat Eva nie ooit daaraan gedink het om te trou en kinders te hê nie, maar dat Ryan die man is by wie sy wil wees. “Sy’s baie selfstandig, maar gemaklik by hom. Sy’t uiteindelik iemand gevind by wie sy wil wees.”

Dié twee was medesterre in The Place Beyond the Pines waarin hulle die rol van ouers vertolk het.

Instagram

FOTO: Instagram

Lees die volledige berig hier