Het jy gehoor?

Expresso-aanbieder oor gunsteling-fliek

“Beslis die riller Man on Fire wat in 2004 uitgereik is met Dakota Fanning en Denzel Washington. Ek kry steeds ’n knop in my keel as ek daarna kyk. Dis ’n prent wat wys hoe ongelooflik deernisvol die menslike hart is en hoe groot sy vermoë om lief te hê. Dis ’n goeie aksiefliek, maar ek kan my ook vereenselwig met die pragtige onderliggende storielyn . . . As ek ’n pa was, sou ek my kinders ook wou beskerm soos dié pa.”

  • Elize

    Oprah is so besig om haar kerk te bou en vroue oor die hele wereld te verwar met die waarheid. Daar is net een God en Vader en dit is Jesus Christus ons verlosser. Sy is n regte "new Ager" en mense moet stop om haar te ondersteun of selfs na haar te luister. Sy maak net geld op ander mense se ervaring en misbruik ander.

  • Alpa

    As mense nie die koring van die kaf kan onderskei nie, is dit sekerlik nie Oprah se skuld nie. Luister wat sy sê en kyk wat sy doen.Sy is ja, ‘n humanis, ‘n filantroop, maar sy is ook oopkop, intelligent, dapper, ‘n goeie voorbeeld en bely haar geloof – al is dit nie (presies) soos jou geloof nie. Sy maak ‘n positiewe verskil in die wêreld en rokkel niemand van iets – allermins hul geloof – af. En sy maak haar geld op ‘n positiewe manier, nie deur uitbuiting nie. Gun haar dit