FOTO: Twitter justdemi

FOTO: Twitter justdemi

Het jy gehoor?

Familie trots op Rumer Willis se Dancing with the Stars wen!

Rumer Willis en haar professionele dansmaat, Val Chmerkovskiy, het die 20ste seisoen van Dancing with the Stars gewen, berig E!Online.  

Haar bekende ouers, Bruce Willis en Demi Moore, en ander familielede was daar om die einde van ’n suksesvolle dansreeks met haar te vier.

Rumer en Val het volpunte vir hul laaste twee danse gekry. Die goeie punte, plus die kykers se stemme, het hulle die gesogte titel besorg.

Ashton Kutcher, wat voorheen met Demi getroud was, het duidelik steeds ’n wonderlike verhouding met Rumer. Hy het op sy Twitter-blad sy miljoene volgelinge aangemoedig om vir sy voormalige stiefdogter te stem.

“Rumer ek is so trots op jou. Jy beweeg soos ’n ware kunstenaar,” het een van die twiets gelees.

Ná haar oorwinning is Rumer reeds gereed vir haar volgende avontuur. Sy het op Instagram haar enkelsnit Toxic bekend gestel. 

Bron: E!Online 

Lees ook