Hilaria, Alec en Ireland
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hilaria, Alec en Ireland FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

GESINSFOTO’S: Alec Baldwin en sy gesin by NY Modeweek

Die 30 Rock-akteur Alec Baldwin en sy vrou, Hilaria, het hul twee jong babas, Carmen (2) en Rafael (3 maande), saamgeneem na die New York Modeweek waar hulle kaartjies in die voorste ry gehad het, berig Popsugar. Alec se volwasse dogter, Ireland (19), was ook teenwoordig.

Die gesin van vyf het die Carmen Marc Valvo-vertoning gekyk. Ireland het met die kinders gespeel en hulle het hulself goed gedra.

Vroeër die dag het die vroue, Hilaria, baba Carmen en Ireland, die Badgley Mischka-vertoning op hul eie gaan kyk. Volgens Daily Mail het Ireland en Hilaria rokke deur die ontwerpers van die oomblik, Mark Badgley en James Mischka, aangehad.

Alec, wat voorheen met die aktrise Kim Basinger (Ireland se ma) getroud was, lyk liefdevol op die foto’s en baie in sy skik met sy pragtige gesin.

Ireland doen ook modelwerk en het in Son Jung Wan se lente 2016-modeperade by New York Modeweek deelgeneem.

Sy het dié mooi gesinsfoto op haar Instagram-blad gedeel:

I could not adore them more

A photo posted by Ireland Basinger Baldwin (@ireland.baldwin) on

Bronne: Daily Mail en Popsugar

Lees ook