Het jy gehoor?

SARIE se Fanie by New York Modeweek!

En die beste van alles, hy deel sy reis heelpad met jou. Jý het as ‘t ware kaartjies na die gesogte voorste ry by die Mercedes-Benz Fashion Week in New York waar Maybelline New York die amptelike grimeerborg is! Ons nooi jou saam op ’n eksklusiewe toer van nie net die Groot Appel nie, maar ook na al die agter-die-skerms-aksie van dié internasionale spoggeleentheid.

Met sy aankoms in Amerika het Fanie op sy Twitterblad gesê: “Hello New York, hier kom SARIE.”

SARIE se Fanie het die tyd van sy lewe in New York!

DINSDAG (15 Feb)

Fanie word genooi na ‘n skemerkelkie-geleentheid saam met die Maybelline-model, Kemp Muhl, en haar liefde, Sean Lennon, seun van John en Yoko Ono (wat op 18 Feb 78 jaar oud is).

Hy het ook gister by die Maybelline-fabriek in New Jersey gaan kuier en geleer om oogskadu te maak. Volgens hom put analiste inspirasie uit letterlik enigiets – van ’n skoenkleur in ’n uitverkoping tot ’n perfek geroosterde sny brood. Hulle neem dit dan na die laboratorium en probeer om die kleur net so na te boots.

WOENSDAG (16 Feb) – DIE MAYBELLINE-KALENDER

Fanie kry ‘n baie eksklusiewe agter-die-skerms-kykie van die bekende Maybelline-kalender. En die stilis hiervan is niemand anders nie as die Sex and the City-stilis, Patricia Field (sien foto onder, met die rooi hare). Sy is die een wat gesorg het dat Carrie Bradshaw een van die grootste styl-ikone op skerm geword het. Haar kreatiwiteit en flair is verstommend, sê Fanie.

Fanie kon tydens dié kuiertjie op stel van die kalender die New Yorkers se werkswyse met dié van SARIE vergelyk, veral omdat hy die een is wat sorg vir SARIE se inspirerende voorblaaie. “Hulle gebruik ook ‘mood boards’ wat bestaan uit prente, ou foto’s, advertensies – enigiets waaruit daar inspirasie geput kan word vir die betrokke fotosessie. Maar die groot verskil lê in die hoeveelheid mense wat met só ‘n shoot hier in New York help. Daar is ook 6 rekenaarskerms wat presies wys wat die fotograaf skiet.”

Fanie saam met Patrica Field


Hier is ’n paar lusmakers vir dié hoëgehalte-kalender:

Maybelline-kalenderMaybelline-kalender6 skerms wat als wys


DÍT HET FANIE VROEËR DIE WEEK IN NEW YORK BELEEF!

 


Saterdag (12 Feb) het hy en ander gaste van Maybelline hul New York Modeweek-belewenis begin met ’n Vivienne Tam-modeparade. Fanie het ná die tyd getwiet:

“Great show deur Vivienne Tam #NYFW – Swart-op-swart hekelwerk en fraiing-detail. @fanie_sarie is deel vd #MNYinsiders groep.”

@fanie_sarie agter die skerms by Vivienne Tam by die New York Modeweek. Grimering herinner aan die 70’s.#NYMinsiders

Volg die res van Fanie se New York Modeweek-belewenis op Twitter by SARIETydskrif en Facebook by SARIE Tydskrif

 

 
Na afloop van dié opwinding was Fanie op ’n Sex and the City-toer. Regs is hy en Karen Taylor, senior produkbestuurder van Maybelline, voor Carrie Bradshaw se woonstel.

Hulle twee het in 5th Avenue rondgeloop tot hulle voete hulle nie meer kon dra nie en toe aandete gaan eet by Buddakan, ‘n eksklusiewe New Yorkse restaurant.

Boonop het Jerry Hall, eks-vrou van Mick Jagger, by Fanie in die straat verbygeloop!

 

  

 

Sondag het Fanie ’n eksklusiewe onderhoud vir SARIE gevoer met die New Yorkse model Kemp Muhl (links). En daarna het hy The Merchant of Venice op Broadway gaan kyk, met Al Pacino daarin! Op Twitter het hy gesê dit was ’n “belewenis.”

 

Sy dag het op ’n hoogtepunt geëindig toe hy vir Fergie van Black Eyed Peas by die New York Modeweek gesien het

 

 

Maandag het hulle twee modeparades saam met Maybelline New York bygewoon, eers dié van Carolina Herrera en later Betsey Johnson s’n. Hy gaan ook tussendeur met die beroemde model Erin Wasson (links) ’n onderhoud voer.
   

 

Volg saam die reis op twitter. Soek #MNYInsider, #fanie_sarie en #NYFW vir al die varsste nuus van die Mercedes Benz Mode week in New York

Maandag het die een hoogtepunt op die ander gevolg. Fanie het op Twitter al hierdie opwinding en mode-neigings gedeel.

Erin Wasson, @MNYInsider model, gesels met @fanie_sarie. Dis 3 dae voor die skiet v d Maybelline kalender. Kan nie wag vir die shoot nie!

Volgens @fanie_sarie is #CarolinaHerrera die heel mooiste show wat hy nog ooit by ‘n modeweek gesien het!

 

Anna Wintour by #NYFW gesien in ‘n rooi romp, wynrooi Chanel-tipe trui-stel, groot pelskraag, bonkige goue halsnoer en hoë swart stewels!

 

Anna Wintour @voguemagazine het by Grace Coddington aangesluit vir #CarolinaHerrera show by #NYFW. @fanie_sarie is daar! Sien @MNYInsider


@fanie_sarie sit gereed vir #CarolinaHerrera se modevertoning by die #NYFW en Vogue se Grace Coddington het pas opgedaag.

 

Kyk na Vogue-redakteur, Anna Wintour se uitrusting

Kry hier jou eerstehandse nuus oor die heel nuutste trends by New York Modeweek:

Betsey Johnson se #NYFW show meng rose en luiperdvel. Tema is He loves me, he loves me not. So op Valentynsdag…@MNYInsider

#NYFW @fanie_sarie agter die skerms by Betsy Johnson. Kantpatrone op modelle se hare gespuitverf. @MNYInsider

Hare is in ballerina-styl bollas met ‘n kant paadjie by #CarolinaHerrera #NYFW. Volgens @fanie_sarie is dit rokkies, trench-baadjies.

Die NBste kleure vir #CarolinaHerrera #NYFW: grys, swart, turkoois, vuil-pienk, rooi, roesbruin, silwer en swart blinkertjies.


Natuurlike lang, los hare is hoogmode, sê @fanie_sarie. Maar Emma Watson se pixie-haarstyl is hier en daar te sien by#NYFW.

 

Volgens @fanie_sarie dra almal swart, pienk of khaki met swart as die NBste kleuraksent by die #NYFW. Hy’s deel van #MNYInsider.

 

Klik vir ‘n video van Betsey Johnson se 2011 reeks


 

Fanie in New York Uitnodiging na Betsey Johnson se vertoning

 

New York is Maybelline se heel grootste inspirasie – veral die eklektiese ‘vibe’ van dié stad.”

 Hier is jou inside scoop oor al die heel nuutste grimeertrends en -wenke vars van die loopplank by New York Modeweek

“Die kleure waarmee jy jou gesig in die komende winter gaan verf is saffraan-oranje, byna appelkoos, en natuurlik groen oogskadu,” berig Fanie.  “Want groen is die nuwe blou.”

Maak seker jou grimeersakkie het genoeg natuurlike kleure in vir die klassieke ballerina-look, maar ook donkerder kleure vir ’n avant garde-voorkoms.

Natuurlik is die rokerige oog-trend nie heeltemal vergete nie, maar dié seisoen word dit in kakie gedoen.

Sampioenkleur op die oë, bessie-rooi op die lippe en rooi naels is ook sterk kleuraksente!


Pienk blosser op jou wange sorg vir die perfekte afronding.

* Moenie ons mode- en skoonheidsbylae saam met die Mei-uitgawe misloop vir meer oor al dié trends nie! Vanaf 18 April 2011 op straat)


Maybelline Agter die skerms by Betsye Johnson Gelaaide atmosfeer voor die modeparade begin

 

Hy sê ook die volgende oor SARIE:


“Dit is so lekker om hier te sit en te weet ons tydskrif is van wêreld-gehalte so tussen die Harper’s Bazaars en Vogues. Ons hoef vir niks en niemand terug te staan nie. As SARIE in Engels was, sou die hele NY ons gelees het. Ek is so so trots op ons mooi, goeie, suksesvolle, inspirerende, stylvolle boek.

 
 

Kyk net die winkelvensters in 5th Avenue!


5th avenue winkel venster   5th Avenue winkelvenster
Kyk die video van Vivienne Tam en Carolina Herrera se modevertonings.

  • attmypqyw

    Bn2uCJ mmkxqkbduzwz, [url=http://mcodjzntkgcn.com/]mcodjzntkgcn[/url], [link=http://eethvwpueaho.com/]eethvwpueaho[/link], http://xnkahhtwizzx.com/

  • vttqrfowov

    9WGucZ hzmsadpwaqwb, [url=http://mshrzxgzonxr.com/]mshrzxgzonxr[/url], [link=http://lnfnersxfiti.com/]lnfnersxfiti[/link], http://myaiifazxgfj.com/