FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Fanie kies: Charlize Theron se beste oomblikke op die rooi tapyt

Charlize Theron trek nou weer baie aandag by die jaarlikse Cannes-filmfees in Frankryk. Haar nuwe fliek Mad Max: Fury is ʼn internasionale sensasie en ’n treffer by die loket. Boonop het sy ʼn opwindende romanse met die akteur Sean Penn.

Onthou jy nog haar eerste flieks? Mighty Joe Young. Sweet November. Toe later The Cider House Rules. Haar Oscar kort daarna vir Monster en 2012 se Snow White and the Huntsman.

Of jy ’n aanhanger is of nie, die wêreld kán haar nie ignoreer nie. Lang hare, kort hare, bob of krulle. Swart hare, blonde hare, afgeskeerde hare. Haar skoonheid betower ons, haar talent is in oorvloed en haar vermoë om altyd in Hollywood relevant te bly is ʼn groot inspirasie.

Hier is ’n paar van haar mooiste en mees glansryke oomblikke:

Follow SARIE Tydskrif’s board Fanie kies: Charlize oor die jare op die rooi tapyt on Pinterest.

Lees ook: