FOTO: Instagram @thelionking

FOTO: Instagram @thelionking

Het jy gehoor?

Fanie kies: 10 van die beste musicals

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, kies weekliks sy gunstelinge. Dié week: Musiekblyspele.

“Om na ʼn musiekblyspel te gaan kyk, is byna soos om na ʼn rugbywedstryd by te woon. Die atmosfeer en die opwinding maak die spel ʼn volronde ervaring. As jy ooit ʼn geleentheid kry om een te gaan sien, doen dit dan vir die ervaring.”

Hier is ʼn paar hoogtepunte

The Lion King – by Montecasino, was die mooiste show wat ek nog ooit gesien het.

The Phantom of the Opera – Staatsteater in Pretoria, was so goed, dit kon net so wel in Londen se West End gewees het.

The Sound Of Music – was al oor die hele land opgevoer van Artscape tot Montecasino tot Pretoria se Staatsteater.

 

Annie – Kan jy glo dat Sarah Jessica Parker dié titelrol op Broadway vertolk het?

Beauty and The Beast – ʼn Walt Disney-tekenprent wat verwerk is vir die verhoog.

Chicago – Ons eie Amra Faye Wright het die rol van Roxy in die Suid-Afrikaanse produksie so goed gespeel, dat sy dit ook oorsee gaan doen het.

Mamma Mia – Dié geliefde treffer kom maak gereeld ’n draai in SA.

mama mia

Les Misérable – Vir baie mense die nommer een-musiekblyspel. En met goeie rede ook.

Caberet het ʼn herlewing op Broadway met groot sterre soos Michelle Williams en Emma Stone in die rolverdeling.

Evita – Passie en romanse. Beslis ʼn hoogtepunt.

Evita

Kyk na die res van Fanie se keuses op Pinterest:

Follow SARIE Tydskrif’s board Fanie kies: Die beste musiekblyspele on Pinterest.

Lees ook