FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Fanie kies: Hoogtepunte van Angelina Jolie

Angelina Jolie was verlede week in Johannesburg om te kom praat by die 25ste Afrika Unie-forum by die Sandtonse konferensiesentrum.

Dié skoonheid is ongetwyfeld een van die wêreld se grootste en blinkste sterre. Haar loopbaan as aktrise strek oor dekades heen. As dogter van die akteur Jon Voight het sy in die rolprentwêreld grootgeword.

Haar eie loopbaan as aktrise het vroeg vlamgevat. Sy het ʼn Oscar gewen vir beste aktrise in ʼn ondersteunende rol in Girl Interrupted.

Haar huwelik met Brad Pitt maak hulle een van die invloedrykste paartjies in die wêreld. Haar liefdadigheid strek oor kontinente en sy help duisende mense in nood met bewusmakingsprojekte.

Angelina se skoonheid slaan jou asem weg en haar talente in die vermaakbedryf gaan van krag tot krag.

Hier is ʼn paar foto’s om jou te fassineer, en hopelik te inspireer.

Follow SARIE Tydskrif’s board Fanie kies: Angelina Jolie hoogtepunte on Pinterest.

Lees ook