FOTO: Instagram @angelcandices

FOTO: Instagram @angelcandices

Het jy gehoor?

Fanie kies: Ons mooistes oorsee

“Suid-Afrikaners is mooi mense. En dis nie net ons wat so dink nie, die res van die wêreld dink ook so,” skryf SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé.

Jy ken dalk nie almal nie, maar ons het al ’n paar gróót modelle opgelewer – en die wêreld is gaande oor hul skoonheid! Ek kies ’n paar van my gunsteling-modelle met Suid-Afrikaanse wortels én een van Namibië.

Nelle Dreyer

Nelle was die eerste Suid-Afrikaanse model om op Europese glanstydskrifte te verskyn.

Voorbladnooi-voorblad

Tanya Fourie

Tanya was op haar dag die gesig vir grimeerreus Maybelline, én ’n SARIE-voorbladgesig.

000000168287-Tanya_Fourie-squaremedium

Josie Borain

Josie se androgeen-voorkoms was ideaal vir die internasionale modehuis, Calvin Klein.

198506CKJosieBorainUnderwear

Alexa Singer

Alexa se skoonheid was alles wat die 80’s gevra het. Sy het die Vogue-voorblaaie ingeryg.

Bernice Dodd

Toe SARIE verander het van ’n twee-weeklikse na ’n maandtydskrif was Bernice Dodd op dié uitgawe se voorblad. Sy het onder meer internasionaal aandag geniet in ʼn Banana Republic-veldtog.

sr0908hjg_24__300w

Georgina Grenville

Georgina was die gesig vir groot modehuise soos Gucci. Sy was op ’n hele paar Vogue-voorblaaie en het op glanstydskrifte se modeblaaie baljaar.

velvet

Candice Swanepoel

Sy is bekend vir haar skoonheid, maar dis veral op die Victoria Secret-loopplank waar sy eerste aandag geniet het.

Some seriously sexy swim coming your way in the @victoriassecret catalog- shot in Hawaii

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Katryn Kruger

Katryn Kruger se skoonheid het geen perke nie. Sy het al vir SARIE model gespeel op ons modeblaaie en haar vaardigheid as internasionale model het onder meer daarvoor gesorg dat sy die gesig was vir die legendariese handelsmerk, Oscar De La Renta. Sy deel dié eer saam met Candice Swanepoel. Sy is ook in ’n veldtog vir Dior.

Behati Prinsloo

Namibië se Behati Prinsloo se lyf is so mooi op die loopplank vir onderklerehuis, Victoria Secret. Jy kan nie op hou kyk nie. Ek en Adam Levine deel die gevoel, en sy is nou sy vrou.

Levi Lomey 

Dié Suid-Afrikaner het al vir die modehuis Dior op die loopplank verteenwoordig.

A photo posted by Levi Lomey (@levilomey) on

Shaun De Wet

Shaun se gesig word gereeld op Calvin Klein advertensies gesien. Hy is veral bekend vir sy werk met hul Truth-parfuum.

Shaun De Wett

 

Kyk na nóg foto’s van dié mooi mense op Pinterest:

Follow SARIE Tydskrif’s board Ons mooiste modelle oorsee on Pinterest.

Lees ook