Blake by die première van The Captive
FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake by die première van The Captive FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Het jy gehoor?

Fanie kies: Sy beste rooitapyt-oomblikke nóg by Cannes

Dis die tyd van die jaar dat die wêreld se mooiste mense, rolprentmakers en filmsterre in ’n stad aan die Franse Riviera bymekaarkom om fees te vier.

Vir jare al trek dié fees en sy bekende mense aandag. Sommige uitspattig, onthou vir Madonna met die cone-bra en die rooi kimono? Ander was weer meer konserwatief, soos Grace Kelly donkiejare gelede. Of dalk die swanger Angelina Jolie in 2008? En die model Laetitia Casta se rok met goue vere. Selfs prinses Diana het op haar dag besoek gaan afle.

Maar een ding is seker, maak nie saak wat hul styl is nie, hulle wil raakgesien word.

Vanjaar is ons eie Anel Alexander daar vir die bemarking van haar nuwe rolprent, Sink.

Twee van haar groot vriende, Nico Panagio en Louw Venter, is ook daar. Louw se draaiboek is een van net 15 die hele wêreld oor wat gekies is om deur Cannes self ontwikkel te word.

Hier is ʼn paar hoogtepunte van die fees oor die afgelope jare.
Follow SARIE Tydskrif’s board Fanie Kies: Die beste van Cannes oor die jare on Pinterest.

Lees ook: