FOTO: Instagram kendalljenner

FOTO: Instagram kendalljenner

Het jy gehoor?

Fanie kies: Sy beste rooitapyt-oomblikke vir 2015

Die oujaar lê behoorlik op sy rug en met die nuwe jaar wat wink, kyk ons na my gunstelinge onder 2015* se mode-oomblikke.

Dié 10 stylvolle bekendes het nie ’n modevoet verkeerd gesit nie:

1. Charlotte Casiraghi in Gucci by die Cannes-filmfees. Dié rok vang die hede en die toekoms perfek vas. Haar belt is in Marsala, 2015 se kleur van die jaar, en die rok se blou en pienk, 2016 se kleure, werk perfek met die blommotief.

2. Emma Stone by vanjaar se Golden Globes geklee in ’n Lanvin-eenstuk (jumpsuit). Aangesien die meeste ander bekendes tradisionele modekeuses gemaak het, staan Emma se broekpak uit.

3. Vogue se bydraende redakteur Lauren Santo Domingo se Delpozo-ensemble maak ’n amazing visuele inpak by die Elle Style Awards in Madrid. Sy is ook op Vanity Fair se internasionale lys van bes gekledes. Om nie ’n bekende te wees nie en steeds die kollig te steel wil gedoen wees!

4. David Beckham by H&M se bekendstelling van hul Modern Essential-reeks in Madrid. Dis hoe mans gaan aantrek vir die volgende ruk. Pakke word nou informele klere en daai wit tennis-tekkie is ʼn moet-hê vir 2016.

5. Rihanna by die Met Gala in ’n Guo Pei-ontwerp. Dié rok het ons verbeelding aangegryp en was ʼn internet-sensasie. Sy moet beslis beloon word vir haar waagmoed!

6. Alle oë was op Kendall Jenner toe sy haar Victoria’s Secret-debuut in dié blou-en-rooi oorgroot romp maak. Kleurryke trends geïnspireer deur Rio de Janeiro en die Olimpiese Spele is volgende jaar groot. Laat die karnaval begin!

7. Pels, pels en nog pels! Adele se faux fur-jas in die Hello-musiekvideo maak ’n sterk tog subtiele stelling, op ʼn baie sagte manier skreeu dit baie hard. Die voorkoms is reeds ʼn “get the look”-gunsteling by talle aanlyn winkels.

8. Lupita Nyong’o skitter in ’n pragskepping deur Valentino op Vogue se Oktober-voorblad. Die tribal-patroon bevestig ons identiteit en behoefte om te behoort.

Lupita

Lupita

Lupita het ’n Zac Posen-skepping gekies vir haar verskyning op The Daily Show with Trevor Noah. Zac het saam met Google gewerk om te wys hoe mode en tegnologie kan saamwerk. Haar rok het ingeboude LED-liggies gehad wat in patrone geflits het.

9. Jennifer Lopez en haar dansers by die opening van die American Music Awards. Die gebruik van die tribal-patroon en kunspels wys weer dat dít groot trends is. Die lyfkouse suggereer dat tatoes groot is en die mansdansers se lospypdenims wys dat die tendens sy terugkeer maak.

10. Prins Harry by die Royal Ascot 2015. Ten spyte van die streng koninklike protokol, kry Harry dit reg om nog opwindend te bly.

 

* Fanie het ook Donderdagaand op die kykNET-program Flits hieroor gesels.

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!