FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Het jy gehoor?

Fanie kies: Sy gunsteling-oomblikke van die winter

Die winter is hier, en ek kies my gunsteling-oomblikke van dié seisoen.

1. Winter is tyd vir mooi aantrek. Groot truie en handskoene. Belê nou in ’n klassieke jas vir die res van jou lewe.

2. Winter is stewels en wolkouse, warmsjokolade en komberse. Dis lemoene en tennis.

3. Winter is by die huis bly, en naby aan mekaar sit terwyl ons kuier.

4 . Winter is romanties en tyd vir saam goed doen.

5. Winter is kaneel en kerse, en lank in die bad lê en met groot handdoeke afdroog en snoesige pantoffels aantrek.

6. Winter is buite wees en die ysige koue op jou gesig voel net voor die son sak.

7. Winter is bredie en oorslaap, dis te koud om te ry.

8. Kom ons gaan weg vir die naweek en cheer-onsself-op-oomblikke. TV-kyk en boeklees en “nog net vyf minute” langer slaap.

9. Winter is tyd om jou huis lekker te verhit, met ’n kaggel, ’n koolstoof of ’n verwarmer. Duvet oor jou skouers en kaalvoet uitstap en gaan kyk hoe mooi is die sterre in die aand.

10. Die winter is ʼn wonderlike tyd. Geniet dit net.

Kyk na die res van Fanie se keuses op Pinterest
Follow SARIE Tydskrif’s board Fanie kies sy Winter-gunstelinge on Pinterest

Lees ook