Het jy gehoor?

Fanie kies: TV-karakters met styl

Volgens ons styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, beïnvloed dié TV-karakters se styl die modewêreld.

 

good wife

The Good Wife se Alicia Florrick (Julianna Margulies). Sy is stylvol en tydloos en hoogs gesofistikeerd. ’n Potloodromp, bloes en rolnektrui was nog nooit só sexy nie.

scandel

As Scandal/The Fixer se Olivia Pope (Kerry Washington) ʼn kledingstuk in ʼn episode dra, is dit daarna ʼn mode-treffer. Sy het onlangs ʼn wit jas aangehad, wat die volgende dag in Amerika uitverkoop het.

mad men

Don Draper (Jon Hamm) van Mad Men word beskou as die stylvolste TV-karakter van sy tyd.  ʼn Kettingwinkel in Amerika het selfs ʼn klerepak-reeks ontwerp met dié karakter as inspirasie.

downton abbey

Downton Abbey se leefstyl neem ons na ʼn droomwêreld vol weelde en romanse. Die invloed op mode was onvermydelik. En lady Mary Crawley (Michelle Dockery) het gou ‘n stylikoon geword.

house of cards

As daar nou een haarstyl is wat die tonge laat klap het, is dit dié van Claire Underwood (Robin Wright) in House of Cards. Dalk is dit weens haar waagmoed om haar lang hare te sny, of dalk is dit net omdat dit so merkwaardig stylvol en mooi is.

game of thrownes

Die winter is hier en Game Of Thrones word gereken as die gewildste TV-reeks in die wêreld. Jon Snow (Kit Harington) se pels en lang hare gryp al kykers se verbeelding van die eerste seisoen af aan. Dié winter is parka-baadjies met kunspels of ‘n kappie die één jas wat ouens moet dra.

modern family

Sofia Vergara, wat die rol van Gloria Delgado-Pritchett speel in Modern Family, maak die sexy voorkoms prettig en toeganklik. Met haar stywe rokke en groot hoepel-oorbelle wys sy ons om nie alles so ernstig op te neem nie. Dit val dalk nie in almal se smaak nie, maar pret is sy beslis. En die luiperdvel-motief is juis nou weer hoog mode.

Kyk na nóg foto’s van hierdie trend setters op Pinterest:

 

Follow SARIE Tydskrif’s board Fanie Kies: TV-karkaters met styl on Pinterest.

Lees ook: