Het jy gehoor?

Fanie ontmoet John Travolta en sy vrou, Kelly

Van twaalfuur af sit ek en ‘n groep joernaliste saam met eregaste in ‘n markiestent by die Nelson Mandela Kinderfonds in Saxonwold, Johannesburg. Ek sit in die voorste ry net voor die verhoog en ons wag. Die afwagting is hoog.

En dán. Drie groot swart motors ry met polisie-begeleiding nader en hou voor die tent stil. Van ver af sien ek deur die tent se ingang hoe die gesin Travolta uitklim. Die pers gaan mal. Paparazzi en TV-nuuskameras is in beroering. En dan, ‘n stem oor die interkom kondig aan: “Ladies and gentlemen, Mr John Travolta and Kelly Preston.” Hulle kom in en gaan sit.

Ek kan nie my oë van hulle afhou nie. So naby tog so ver. En toe, ek sweer, sy kyk vir my, glimlag en kyk weg. Dan staan hy op. Stap na die klein verhoog – ek moet brag, verskoon my, maar SARIE was die enigste tydskrif daar. Die res is van TV, radio, en ‘n koerant of twee. Twee meter van my af staan een van die wêreld se grootste filmsterre. Hy is sjarmant. ‘n Reus van ‘n man met die mooiste potblou oë. John is ‘n Qantas Global Goodwill-ambassadeur vir die Nelson Mandela Kinderfonds in samewerking met Qantus-lugledery.

John het ‘n tjek van R70 000 namens Qantas aan die organisasie geskenk. Geen vrae van die pers is aanvaar nie. Nie dat hulle hul veel daaraan gesteur het nie.

En ek besef toe, nou is my kans.

Vandag vra ek ‘n vraag wat ek nog altyd wou vra. “Kelly, Kelly!” roep ek. John kyk na my. Die PR-vrou probeer nog om my stil te maak, en toe gee John sélf die groen lig. Hulle is bereid om my vrae te beantwoord. Ek vra die vraag wat ek nog altyd wou vra: “Kelly, what are you wearing?” Sy antwoord: “Actually, it is a dress off the rack from Nordstrom (Dit is ‘n Amerikaanse kettingwinkel, dis maar soos ons Woolworths).”

Die Travoltas verlaat die tent. Die media stormloop uit die tent uit om sy aandag te probeer kry. Die gesin Travolta neem ‘n groepfoto saam met die kinders. Ek het net rustig gestap en by sy kar se deur gaan staan, wel, so naby as wat ek kon. Daar is steeds polisie en lyfwagte oral. Kelly en hul dogter, Ella, is reeds in die kar. Ella so terloops lyk nie baie ingenome met die aandag nie.

John stap by my verby en ek groet hom. “Goodbye, John.” Hy kyk om en smile, net soos in Pulp Fiction.

  • Ai,tog Fanie ek seker daar is baie wie se tone sal omkrul en nooit weer regkom !
    John en sy vroulief is twee mense wat ek nog altyd stilweg bewonder het !

  • 2X2wBv sdbdslyoyeto, [url=http://dlpwkcgtdlwo.com/]dlpwkcgtdlwo[/url], [link=http://uckbspgcsrck.com/]uckbspgcsrck[/link], http://nqideqfqcvec.com/