Jennifer Lawrence by die Golden Globes in 2014 
FOTO: Getty Images / Getty Images

Jennifer Lawrence by die Golden Globes in 2014 FOTO: Getty Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Fanie voorspel die Golden Globe-trends

Elke jaar dié tyd skud die glanswêreld sy vere reg. Almal van akteurs tot sangeresse, ontwerpers, haarstiliste, juweliers, skoenmakers, vervaardigers, agente en miljoene bewonderaars die wêreld oor maak hulle gereed vir die grootste modeskou van die jaar: awards season.

Die Golden Globes is byna soos ’n kleedrepetisie vir die Oscars. Maar oor die jare het ons al geleer om nooit die impak van dié geleentheid te onderskat nie. Want Emma Stone se Lanvin-katpak (jumpsuit) by die Golden Globes het verlede jaar meer aandag getrek het as enige uitrusting by die Oscar-aand daarna.

Hou dié sterre dop

Rooney Mara se styl word al met ’n fyn oog dopgehou sedert haar eerste Vogue-voorblad net ná sy in Girl with the Dragon Tattoo gespeel het.

Rooney Mara

Met haar eerste Oscar-benoeming in 2012 was sy onder die radar met ’n baie mooi wit Givenchy-rok.

Lady Gaga lyk of sy doen wat Madonna ook gedoen het. Van uitspattige uitrustings wat net wil aandag trek tot stylvol en gesofistikeerd. Madonna spog reeds met 2 Globe-beeldjies en word soms geprys vir haar rooitapyt-keuses. Lady Gaga is vanjaar benoem vir ‘n Golden Globe én sy is een van die aanbieders – maak nie saak wat sy dra nie, jy sal haar beslis nie kan miskyk nie!

Lady Gaga by verlede jaar se Oscars Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Lady Gaga by verlede jaar se Oscars Foto: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Alicia Vikander kan soos Lupita Nyong’o ʼn heel nuwe stylikoon word en ʼn rok dra wat geskiedenis maak.

Lupita Nyong'o by die Golden Globe-toekennings in 2015 FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lupita Nyong’o by die Golden Globe-toekennings in 2015 FOTO: Gallo Images / Getty Images

Of gaan dit ʼn ou staatmaker soos Charlize Theron of Cate Blanchett wees wat maar net weer wys hoe dit gedoen word?

Jennifer Lawrence kan ons ook verras – dalk weer met ’n nuwe haarstyl soos in 2014.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

En wat van die kleurskemas?

Swart en wit bly gunstelinge (soos by die People’s Choice-toekennigs). Metaalkleure en blinkers behoort steeds gewild te wees. Aandag gaan ook op detail wees, soos borduursel of klinknaels in die vorm van blinkers en krale.

Daar word bespiegel dat geel (in die skakering met die wonderlike naam Buttercup) ’n verskyning sal maak. Of dalk verras celebs ons met uitrustings in die kleur van die jaar, Rose Quartz of Serenity-blou. Of gaan dit die stil maar baie stylvolle Iced Coffee met sy balans tussen bruin en room wees wat vanjaar se sterk rok gaan oplewer?

Ek het so idee dit kan dié jaar groen wees. ’n Helder skelgroen. Maar dis net ʼn kans wat ek vat. Tot Maandagoggend, wanneer ons beter gaan weet.

pantone