Farrah Fawcett

Farrah Fawcett

Het jy gehoor?

Farrah Fawcett – almal se engel

En dít net nadat sy uiteindelik die jawoord vir akteur Ryan O’Neal gegee het. Sy het 3 jaar lank met kanker geworstel en het haar moeilike en emosionele reis ook in ‘n realiteitsreeks, Farrah’s Story, vasgevang. Haar boodskap in dié reeks was: “Moenie opgee nie!” Vriendin Alana Stewart, eks-vrou van die rock-ster Rod Stewart, het al haar private oomblikke hiervoor verfilm. Sowat 9 miljoen kykers het die eerste episode gekyk.

In een van die episodes sê sy: “Ek wil nie sterf aan hierdie siekte nie. Toe praat ek met God – dis nóú tyd vir ‘n wonderwerk.”

Gaan na YouTube en soek Farrah’s Story. Wees gewaarsku – dis nie vir sensitiewe kykers nie.

Niemand sal ooit daardie sexy blondine met die begeerlike blonde lokke en die bloedrooi swembroek vergeet nie!

By die premiere van Farrah’s Story