Het jy gehoor?

Fergie verloor 20 kg!

Sarah Ferguson het 20 kg verloor! Só berig Us Magazine

Fergie het haar nuwe lyf vir die wêreld gewys ná sy meer as 20 kg afgeskud het. Dié jarelange Weight Watchers-ambassadeur het ‘n meer holistiese leefstyl begin en sy in die proses, binne vyf maande, die gewig verloor.

“Ek was só kwaad al die jare. Ek het geglo ek sal nooit gewig kan verloor nie, en het beheer verloor. Ek kon nie in my klere in pas nie, en het myself met kos omring,” vertel sy.

Sy is ook konstant gekritiseer oor haar gewig. “Duchess of Pork” en “Fat Frumpy Fergie” was maar van die byname wat aan haar gegee is.

fergie final

FOTO’S: Gallo Images/Getty Images

Hoe het sy dit gedoen?

‘n Suikervrye dieet, ‘n realistiese oefenprogram en ‘n gesondheidswegbreek by die Verbier-ski-oord. Dít was haar geheim.

Volg vir Sarah Ferguson op Twitter.

Lees ook!

Biggest Loser-wenner gekritiseer omdat sy té veel gewig verloor