FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Fiëstas: Aktrise Tinarie van Wyk-Loots skitter

Teater is vir die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk-Loots soos ’n mooi blom. En gisteraand by die Fiëstas het sy die toekenning vir beste aktrise gewen.

Sy is bekend daarvoor om in twee of meer produksies by ‘n kunstefees te speel. Met haar druk werkprogram – op die verhoog rol die sweet dikwels van haar slape af – stort sy haar wese in haar werk. “Soms speel ek in dieselfde tyd in vele produksies en daar is tot vier karakters gelyk in my kop,” sê sy, “maar elkeen ‘woon’ in sy eie ruimte. Ek daag myself uit, raak teaterfiks.”

Tinarie woon deesdae op Riebeek-Kasteel met haar katte Ethel, Evette, Snoop en Mia. En verlede jaar het sy en die talentvolle aktrise Sandra Prinsloo op die voorblad van ons November-uitgawe verskyn.

“Akteurs is storievertellers. ’n Kanaal waardeur die regisseur die storie stuur. Jy moet probeer om gestroop van jou ego te wees om die storie te laat praat.” 

- Tinarie van Wyk-Loots

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Maar dis veral op kunstefeeste waar nuwe talent ontdek word. Die aktrise Greta Pietersen, wat nou in die kykNET-sepie Suidooster speel, het die toekenning vir beste vroulike byspeler gewen.

FOTO: kykNET

Sy en haar akteurskêrel, Wilhelm van der Walt, het Fiësta-benoemings vir hul rolle as Bubbles en Oliver in die regisseur Christiaan Olwagen se Son.Maan.Sterre ontvang.

Kliek hier vir die volledige lys van wenners.

Lees nou