fiestas
Het jy gehoor?

Fiëstas-benoemings bekend gemaak

Die benoemings vir die kykNET Fiëstas, ook bekend as die “Oscars” van die Afrikaanse teaterbedryf, is onlangs bekend gemaak.

Op 18 Februarie 2016 sal plaaslike akteurs, aktrises, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars op die blou tapyt verskyn en vir hul prestasies vereer word by ‘n glansgeleentheid in die Staatsteater in Pretoria.

Pierre Breytenbach en June van Merch sal die seremoniemeesters wees, terwyl Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar die gas-aanbieders is.

Pierre Breytenbach FOTO: Phyllis Green Foto geneem by Creative Rides, Fourways

Pierre Breytenbach FOTO: Phyllis Green
Foto geneem by Creative Rides, Fourways

Hier is ’n lys van die grootste benoemdes

Beste akteur
Albert Pretorius ‒ Buite blaf die honde swart (KKNK)
André Odendaal ‒ Skuldeiser (Woordfees)
Stian Bam ‒ In glas (KKNK)
Wilhelm van der Walt – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

FOTO: Stian Bam

FOTO: Stian Bam

Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe  – Skuldeisers (Woordfees)
Milan Murray – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Sandra Prinsloo ‒ Die dag is bros (Innibos)
Tinarie van Wyk Loots ‒ Hemelruim en In glas (Aardklop en KKNK)

Tinarie van Wyk-Loots in die November 2015-uitgawe van SARIE. Foto: Leana Clunies-Ross

Tinarie van Wyk-Loots in die November 2015-uitgawe van SARIE. Foto: Leana Clunies-Ross

Beste manlike byspeler
Dean Smith – Die dag is bros (Innibos)
De Klerk Oelofse – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Louis van Niekerk – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Loukmaan Adams – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Kim Cloete en Loukmaan Adams FOTO: Willem Lourens

Kim Cloete en Loukmaan Adams FOTO: Willem Lourens

Beste vroulike byspeler
Greta Pietersen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nicola Hanekom – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Tinarie van Wyk Loots – Buite blaf die honde swart (KKNK)
Wilna Snyman – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Nicola Hanekom FOTO: Willem Lourens  STILERING: Danny Toüa

Nicola Hanekom FOTO: Willem Lourens
STILERING: Danny Toüa

Beste regie
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat)
Nicola Hanekom – In glas (KKNK)

Klik HIER vir die res van die benoemings.