Lorandi
Het jy gehoor?

Hier’s hulle! Ons semi-finaliste vir Matriekrok van die Jaar (Deel 3)

Jonk, mooi en met die toekoms wat roep. Die matriekklas van 2015 het ons weer eens beïndruk met hul matriekafskeidrokke.

Hier is ons derde groep van 11 van die 44 semi-finaliste vir 2015 se Matriekrok van die Jaar-wedstryd.

(Kyk hier na die vorige groep semi-finaliste)

Zoneké Erasmus, Hoërskool Durbanville

“Soos die meeste meisies op hoërskool het ek al in graad 11 begin voorbeelde van rokke bymekaarmaak. Ek wou solank ‘n goeie idee kry van hoe my persoonlike smaak vergelyk met die nuutste modetendense op die wêreld se loopplanke en rooi tapyt.”

zoneke

Chané de Wet, Hoërskool Jeugland

“Onseker loop ek en my ouma dieselfde dag by ‘n rokwinkel in. Die vrou haal ‘n rok van die rak af en sê dat ek mal daaroor sal wees. Ek is eerlik ek was glad nie mal oor hoe dit op die hanger lyk nie, maar ek pas toe die rok aan. En net daar val elke plan en elke droom by mekaar in!”

chane

Mia Black, Stellenberg

“Die kleur was ononderhandelbaar, want elke prinses het ‘n pienk rok. My droom het waar geword en dit was ‘n onvergeetlike aand.”

mia

Nicole Els, Hoërskool Brits

“Die sagte materiaal en ligte grys kleur het by my ’n gevoel van ekstase geskep soos ek kinderlik opgewonde op en af in die boetiek geparadeer het. Dis toe dat ek geweet het die eindeloos stylvolle aandrok is spesifiek vir my ontwerp.”

nicole

Nadine Wiggett, Hoërskool Fichardtpark

“Toe ek die rok vir die eerste keer aanpas, het dit my asem weg geslaan. Die rok was perfek.”

wiggett

Michelle du Toit, Worcester Gimnasium

“Ek dink dit is die mooiste rok ooit!”

michelle

Kalinka Botha, Hoërskool Sentraal, Bloemfontein

“My rok het my wildste verwagtinge oortref – en dit komende van ‘n perfeksionis! My rok was perfek. Van die materiaal tot elke bietjie detail.”

kalinka

Abby-Gail Lorandi, Oranje Meisieskool

“Al wat ek vir die ontwerper gese het, was ek wil glad nie soos een van die ander meisies lyk nie. Ek soek iets heeltemal anders.”

Lorandi1

Elsje Dippenaar, C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

“Dit het my soos ‘n handskoen gepas en dit was nie eens nodig om verstellings te maak nie. Ek het net geweet dit is die rok vir my. Ek is na twee matriekafskeide toe met my spesiale rok. Vir ‘n mooier rok sou ek nie kon vra nie.”

elsje

Ester van der Merwe, Hoërskool Swartland

“My rok is baie spesiaal, want my tannie, Karlien Labuschagne, het my rok self ontwerp en gemaak, met die hulp van haar assistent: my ouma!”

ester

Zanri du Plooy, Hoërskool Zwartkop

“Ek dink persoonlik as jy my ken, sal jy saamstem dat my rok presies my persoonlikheid uitbeeld. Ek weet dit is dalk cliché om dit te sê, maar ek het sowaar soos ’n regte prinses gevoel in my rok.”

zanri

Klik hier vir die laaste groep semi-finaliste