Kerry Washington FOTO: Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

Aktrise Kerry Washington se dogter is gebore!

Dit voel omtrent of die Hollywood-sterre deesdae meer kinders kry as wat hulle flieks maak. En dié TV-ster het dit reggekry om die geboorte van haar eersteling vir byna twee weke stil te hou!

The Fixer-ster Kerry Washington en haar man, die voormalige Amerikaanse voetbalspeler Nnamdi Asomugha, het hul eersteling Isabelle Amarachi Asomugha op 21 April verwelkom, skryf Us Weekly.

Nóg ’n Hollywood-pienkvoet

Kerry en Nnamdi het verlede jaar in Junie getrou nadat hulle in 2012 begin uitgaan het. Die aktrise, wat vir ’n Golden Globe benoem is vir haar rol as Olivia Pope in dié gewilde reeks, was reeds hoog swanger teen die tyd wat die derde seisoen van The Fixer in Desember klaar geskiet is.

Hoewel haar swangerskap nie deel van die reeks se storielyn gemaak is nie, kan jy tog van tyd tot tyd die aktrise se voller figuur sien in die derde seisoen, wat tans op MNet uitgesaai word.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kerry Washington se oop baba-magie by vanjaar se toekenningseisoen het modekenners verdeel – sommige het gedink dis onvleiend, ander was mal oor dié gewaagde voorkoms
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Mila Kunis se baba-magie

Shonda Rhimes, skrywer van The Fixer, het Kerry glo vroeër vanjaar met ’n spesiale ooievaarstee bederf. Jane Fonda was een van die gaste by dié geleentheid.

Só het Kerry en ander sterre klaar gemaak vir die Golden Globes

Ons kan nie wag om te sien of klein Isabelle net so stylvol soos haar ma, wat verlede jaar aangewys is as die wêreld se bes geklede vrou, gaan wees nie.

BRON: Us Weekly

Nóg bekendes se baba’s op SARIE.com