Het jy gehoor?

Serena en Venus se kontroversiële fliek

Die groot vraag op almal se lippe is egter of die fliek regtig dié talentvolle susters se goedkeuring wegdra, want dié twee het nie einde verlede jaar by dié film se wêreldpremière opgedaag nie.

Blykbaar is hulle, veral Venus, ontevrede met die film omdat hul pa, Richard, as ’n rokjagter uitgebeeld word, berig The Independant.

In een toneel sukkel Serena om die name van al haar pa se kinders te onthou. In nog ’n toneel is sy onbewus daarvan dat ’n vreemdeling wat ’n oefensessie saam met haar pa bywoon, moontlik een van sy kinders is.

Venus Williams in die dokumentêre fliek oor haar en haar suster, Serena.

Nietemin het albei dié week in verskeie persverklarings húl mening oor die fliek duidelik gemaak. Die New York Times berig dat Venus minder opgewonde as Serena oor die fliek is – hoewel sy dit nooit sleg gepraat het nie. Die gerugte vertel egter ‘n ander storie: Sy hou niks daarvan nie.

Serena sê sy dink die rolprent wys eerder hoe sy nadat haar loopbaan ’n knou gekry het, weer opgestaan het.

Die dokumentêr word tot op hede nog goed ontvang. Dit is reeds in 2011 geskiet en bevat baie van die hoogte- én laagtepunte uit dié tennisseisoen, soos toe Venus met Sjogren’s-sindroom gediagnoseer is en uit die Amerikaanse Ope moes onttrek. Dit volg ook Serena se behandeling van ’n reeks beserings.

Daar is ook onderhoude met bekendes soos John McEnroe, Serena se rolmodel, en Anna Wintour van Vogue.

Serena op die tennisbaan.

Wat die dokumentêr laat uitstaan, is videomateriaal van dié kompeterende susters se kinderdae en hul eerste toernooie. Dít wys presies hoe dié twee grootgeword en gevorm het tot wie hulle vandag is.

Op Twitter word die rolprent, vervaardig deur Michelle Major en Maiken Baird, as ’n inspirerende storie oor breinkrag, sowel as fisiese krag, beskryf. Michelle Major het vir USA Today gesê die fliek het die susters se volle ondersteuning. Sy en Venus lag blykbaar oor die gerugte dat die Williams-susters kwaad is oor dié film.

Kyk solank na die lokprent en twiet daaroor onder #venusandserena: