Het jy gehoor?

Die nuwe Oceans-fliek vol vroue kry 1 man! Raai wie …

Ocean’s Eight het vandeesweek aangekondig watter man deel van die rolverdeling in dié “slegs vroue”-fliek is, en ná 200 flieks en talle gebreekte bene het ’n aksieheld uiteindelik sy Oscar gewen!

Die nuwe Ocean’s Eight word nou verfilm. In hierdie Ocean’s, die vierde een in die reeks, is die hoofkarakters almal vroue. Sandra Bullock speel die rol van Danny Ocean (George Clooney) se suster. Ander bekendes soos Cate Blanchett, Dakota Fanning, Helena Bonham Carter, Mindy Kaling, Anne Hathaway, Sarah Paulson en Rihanna is ook deel van die span!

’n Hele paar agter-die-skerms-foto’s het die afgelope week die rondte gedoen sodat jy sommer klaar kan agterkom wie watter rol vertolk. Dit lyk vir ons asof Sandra en Cate die voortou neem, Rihanna lyk meestal soos ’n Rastafariër aangetrek en Helena lyk ietwat verstrooid en kreatief – miskien die rol van “inventor”.

Die storielyn is nog ’n groot geheim, maar daar word gespekuleer die span gaan tydens die Met Gala iewers inbreek .

Sien hier onder foto’s van Sandra, Cate, Rihanna, Helena en Mindy:

En raai wie maak ook ’n draai … Matt Damon! Hy was in al die die vorige Ocean’s-flieks en het aan Entertainment Tonight gesê dat hy baie opgewonde is oor hierdie prent waarin die vroue oorneem.

fliek

Jackie Chan kry uiteindelik sy Oscar!

Die legendariese akteur van Hong Kong het vandeesweek uiteindelik sy ere-Oscar ontvang vir sy bydrae tot die filmbedryf en sy buitengewone prestasies in flieks. The New York Times berig dat Jackie betrokke was by meer as 200 flieks – as akteur, skrywer, regisseur of waaghals. Jackie, 62, het in sy toespraak gesê hy sal aanhou flieks maak, deur vensters spring, skop, slaan en sy bene breek.

Jy kan van hierdie naweek af sy nuutste fliek, Skiptrace, in teaters sien.

Blood Father

Mel Gibson se nuwe fliek is ook nou te sien. Sy vervreemde dogter beland in die moeilikheid en bel hom vir hulp.

Noem my Skollie

Die Afrikaanse fliek Noem my Skollie het vandag aangekondig dat dit ingeskryf het vir die Palm Springs Int’l Film Festival in Kalifornië, VSA. Dié fees vind van 2 Januarie 2017 tot 16 Januarie 2017 plaas. Ons hou duimvas!

Bron: Mirror, New York Times

Nog flieks wat hierdie week wys

Lees nou

Het jy gehoor wie speel Freddie Mercury in sy bio-fliek?

SARIE se 2016-sterre: Bennie Fourie is meer as net ’n grapjas!

Model met kurwes kry haar eie Barbie!