image002.jpg
Het jy gehoor?

fliekNET: Afrikaanse fliekkanaal binnekort op die kassie

kykNET het pas aangekondig daar sal weer vanjaar tydens die somervakansie ’n fliekkanaal op TV wees. 

fliekNET sal vanaf 1 Desember 2015 tot 31 Januarie 2016 op DStv-kanaal 198 te sien wees, en belowe om die gewildste Afrikaanse flieks te wys.

Luidens ’n verklaring is daar ’n fliek vir elke smaak, geleentheid en gemoedstoestand. Die hele gesin sal die verskeidenheid flieks van toeka tot nou saam kan geniet.

Kykers kan uitsien na goue oues soos Boetie gaan border toe, Fiela se kind en Paljas. Meer onlangse rolprente, waaronder Verraaiers, Klein Karoo, Die wonderwerker en Die spook van Uniondale, sal ook vertoon word.

Elke dag van die week het ’n ander tema:

Maandag is dit tyd vir drama, Dinsdag vir romanse, Woensdag is daar weer drama, Donderdae kry komedie kans, Vrydae is dit aksie en rillers, Saterdag romanse en komedie, en op Sondae vier ons rolprentlegendes.

Dis omtrent ’n dag vol goeie nuus vir Afrikaanse TV-liefhebbers, want Via, ’n splinternuwe Afrikaanse TV-kanaal, begin vandag op DStv-kanaal 147 wys.

Lees ook