FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Forbes kondig hoogsbetaalde aktrises vir 2015 aan

Die Hunger Games-aktrise Jennifer Lawrence is nou amptelik die hoogsbetaalde aktrise ter wêreld, berig die finansiële tydskrif Forbes.

Forbes maak jaarliks ’n lys van aktrises wat in die afgelope 12 maande die meeste geld verdien het, bekend. Jennifer het ’n fenomenale $52 miljoen (R674 miljoen) verdien. In die tweede plek is die Avengers-aktrise Scarlett Johansson en derde is die Bridesmaids-aktrise Melissa McCarthy.

Dié lys het ook weer die debat oor geslagsgelykheid in Hollywood ontketen. Op die lys van rykste aktrises het net vier vroue meer as $20 miljoen (R258 miljoen) verdien, terwyl die lys vir rykste mans ’n totaal van 21 sterre bo die $20 miljoen (R258 miljoen)-kerf het. Die hoogsbetaalde akteur is die Iron Man-ster Robert Downey Jr, wat die afgelope jaar ’n reuse-bedrag van $80 miljoen verdien het. Dis net so oor die R1 miljard …

Die inkomste wat in aanmerking geneem word, is nie net dié wat verband hou met films se sukses by die loket nie, maar ook vir advertensieveldtogte vir mode- en skoonheidshuise en persoonlike ondernemings, soos klerereekse.

Hier is die top-10 hoogsbetaalde aktrises van die afgelope 12 maande

1. Jennifer Lawrence ($52 miljoen / R674 miljoen)

2. Scarlet Johansson ($35.5 miljoen / R459 miljoen)

3. Melissa McCarthy ($23 miljoen / R297 miljoen))

4. Bingbing Fan (van China) ($21 miljoen / R271 miljoen))

5. Jennifer Aniston ($16.5 miljoen / R213 miljoen)

6. Julia Roberts ($16 miljoen / R206 miljoen)

7. Angelina Jolie ($15 miljoen / R194 miljoen)

8. Reese Witherspoon ($15 miljoen / R194 miljoen)

9. Anne Hathaway ($12 miljoen / R155 miljoen)

10. Kristen Stewart ($12 miljoen / R155 miljoen)

 Lees ook