FOTO: Instagram simonenortmnn

FOTO: Instagram simonenortmnn

Het jy gehoor?

FOTO: 7de Laan  se Simoné Nortmann word (weer) brunet

Die aktrise Simoné Nortmann, wat die rol van Nadia in 7de Laan vertolk, het haar blonde lokke bruin gekleur. 

Sy het gister dié foto op haar Instagram-blad gedeel: “Ná vier jaar van blonde hare, keer ek uiteindelik terug na my wortels! Hello vryheid!” lees die foto se onderskrif.

FOTO: Instagram simonenortmnn

FOTO: Instagram simonenortmnn

Die meerderheid van Simoné se meer as 4 000 volgelinge op dié sosiale media-platform is gaande oor haar nuwe voorkoms: “Jy lyk fantasties … Jou hare lyk só gesond,” het een van haar aanhangers geskryf.

Hou jy van Simoné se natuurlike haarkleur?

  • Ja
  • Nee

Donnalee Roberts het sedert verlede jaar weer haar donker hare stadig maar seker ligter gekleur om ’n blondine te wees vir haar rol in die film Vir Altyd. Lees meer oor dié opwindende Afrikaanse film HIER.

Lees nou